G e l y k i n W a a r d e , V e r s k i l l e n d i n F u n k s i e

welkom by

C i M C o l l e c t i v e

n Pionier word gedefinieer as iemand wat eerste is om grond te breek… eerste is om ondersoek in te stel. Iemand wat voorloop om ’n nuwe metode, kennis of aksie te ontgin en toe te pas. ’n Pionier is die een wat die verantwoordelikheid opneem om eerste ’n nuwe land of gebied te betree en te ontdek.

Diep binne-in elkeen van ons as Afrikaners weet ons dat die Stem van die HERE ons geroep het tot ’n spesifieke pionierswerk – vir die hoër roeping van God in Christus Jesus. God het ons na hierdie land gebring met die Woord van God onder ons arm en die geloof van God in ons hart, want Hy het verklaar: die Laaste Dag-Evangelie sal uit Afrika kom — en dit begin in Suid-Afrika. Dit is tyd om wakker te word en ons plek op te neem in die roeping van God! Ons dra beloofde land-bloed in ons are en die Verbondsbelofte van God is op ons harte geskryf — om dit vir Hom uit te leef en te behartig. Dit is tyd om dieper binne onsself te kyk, en verder te sien as net onsself. God het ons nodig vir Sy plan.

VISIE LEIER

X a n d r é S t r y d o m

Waarvoor leef ons, as ons nie tot eer en heerlikheid van ons Skepper leef nie? Daarom is dit belangrik dat elkeen wat deur God uitverkies en geroep is, moet weet wie jy is, waarom jy is, en in watter tyd jy leef.

Ons slagspreuk by CiM Collective is:
Gelyk in Waarde – Verskillend in Funksie.

Om ons waarde te verstaan deur God se oë, stel ons in staat om deur Sy genade gekultiveer te word volgens die geregtigheid vanuit die hemele, sodat ons akkuraat ons funksie of roeping kan bestuur tot eer van God se beeld.
Die aarde sug met reikhalsende verlange na die openbaarmaking van die seuns van God. Diep roep na diep — opsoek na elke geloofspionier binne die Afrikaner eerste — om Suid-Afrika ’n Koninkryk-van-God-nasie te maak.

Xandré Strydom

middelweekse visie

' n M u u r o m d i e S t a d

C.onnect is CiM Collective se middelweekse visie en die hartklop van die bediening.

Die hoofdoel van C.onnect is om ’n wegspringplek tot seunskap te bied — deur elke wedergebore Christen toe te rus in hul Christus-identiteit, en hulle te help ontwikkel tot geestelike volwassenheid. Daarby is ons gefokus om ’n positiewe invloed in ons gemeenskap te hê, deur ’n Koninkrykskultuur te vestig vanuit ons nuwe identiteit in Christus.

C.ONNECT Pretoria-OOs

Neels Labuschagne

Neels Labuschagne, ’n dinamiese en ervare prediker en leraar, lei die Pretoria-Oos C.onnect-gemeente met passie en doelgerigtheid. Met ’n ryke grondslag van tradisionele wysheid en ’n hart oop vir God se progressiewe openbaring, put Neels inspirasie uit sy lewenservaring in die bediening. Sy diep liefde vir mense, en sy gawe om God se verhaal toeganklik en relevant te maak, het hom die respek en bewondering van almal wat hom ontmoet, besorg.

c.onnect Centurion

Mathys Kotzé

Mathys Kotzé, charismatiese en passievolle leier van C.onnect Centurion, is bekend vir sy praktiese wysheid en opregte omgee vir mense. Mathys se holistiese lewensbenadering kweek ’n omgewing waar elkeen wat soekend is, hul geestelike reis met God kan verdiep. Met sy profetiese gawe streef hy daarna om mense te inspireer en te help groei deur geestelike rigting, aanwysing en bemoediging.

C.ONNECT montana

Markus Kruger

Markus Kruger, die “gentle giant” van Pretoria-Noord, is die leier van ons Montana C.onnect. Markus se vermoë om konteks en definisie oor te dra, bring insig en begrip nader aan elkeen wat soekend is na God en Sy seisoene. Markus se hart is dat hierdie evangelie van Christus ’n praktiese werklikheid in elkeen se lewe sal word – tot lof en heerlikheid van ons Vader.

C.ONNeCT OOs-RAND

Christopher Smit

Christopher Smit, die evangelis wat sy hart op sy mou dra, is Oosrand se C.onnect-leier. Christopher is uitverkoop aan die plan van God, en toegewyd daaraan om hierdie verlossingsboodskap te bring aan elkeen wat klop, soek en vra. Deur sy moue op te rol en saam met sy mense deur die moeilike dinge te stoei, bring hy elkeen nader aan hul Goddelike roeping – deur hul identiteit in Christus te herstel. Christopher leef net vir een doel en een roeping: die boodskap van die Koninkryk wat in elkeen van ons opgesluit is, en om onder die bakwerk van gebroke lewens in te klim en herstel te bring, sodat God elke funksie weer kan aanwend om die hemele op aarde tot stand te bring.

C.ONNECT roodepoort

Antonie Bornman Snr.

Antonie Bornman, herder by Roodepoort C.onnect, het ’n sagte en diep toenadering tot die geheimenisse van God. Deur sy mense toe te rus met die openbaringskennis van Christus, ontgin Antonie die diep werk van God vanuit ons tradisionele kerkagtergrond tot ’n nuwe, progressiewe, vrymakende evangelie. Sy ervaring in die Skrif gee hom die vermoë om die ou én die nuwe uit te haal, om die Koninkryk van God op aarde te vestig.

C.ONNECT kranshoek

Johan du Plessis

Johan du Plessis, dapper leier van ons C.onnect in Plettenbergbaai, het ’n groot woord en taak vir die mense van Kranshoek. Daar rus ’n groot roeping op die mense van die Oos-Kaap, en Johan is die herder wat die skape van hierdie streek lei. Johan is nie net ’n predikant nie, maar is ook aangestel om die storie van God se progressiewe plan in Suid-Afrika met hierdie mense te deel. Johan breek oop dit wat vir ’n tyd lank verborge was en laat die lig van die tyd skyn op dit wat al vergete is. Maar God roep weer ’n bevolking nader – deur die stem van Johan as herder – om dit wat weggesteek was, tot aanskou te bring.

Previous
Next
Nuutste

P R E K E

Sou jy dalk een van ons Sondagboodskappe gemis het, kan jy dit hier gerus luister.

Waarvoor leef ons as ons nie tot eer en heerlikheid van ons Skepper kan leef nie. Daarom is dit belangrik vir elkeen wat uitverkies en geroep is deur God om te weet wie jy is, waarom jy is, en in watter tyd jy leef.

Ons slagspreuk by CiM Collective is – Gelyk in Waarde – Verskillend in Funksie

Tydslyn

D i e S t o r i e A g t e r C i M C o l l e c t i v e

maak kontak

Kom besoek ons

Kom geniet Sondag se diens saam met CiM Collective by 123 Wekker Str, Moreleta Park.Ontdek die evangelie  van die heerlikheid van Christus soos ons die boodskap van die Kruis en Opstanding van Jesus Christus oopsluit en ontgin. Kom leer wie jy is, waarom jy is en in watter tyd jy leef.