C i M C . o n n e c t

middelweekse visie

' n M u u r o m d i e S t a d

C.onnect is CiM Collective se middelweekse visie en die hartklop van die bediening.

C.onnect se hoof doel is om ‘n wegspringplek tot seunskap te bied deur elke wedergebore Christen te skool in hul Christus identiteit en te ontwikkel tot geestelike volwassenheid. Daarby is ons gefokus om ‘n positiewe invloed te hê in ons gemeenskapp deur n Koninkryks kultuur te vestig vanuit ons nuwe Christus identiteit.

C . o n n e c t P r e t o r i a - o o s

Neels Labuschagne, ’n dinamiese en ervare prediker en leraar, lei die Pretoria-Oos C.onnect-gemeente met passie en doelgerigtheid. Met ’n ryke grondslag van tradisionele wysheid en ’n hart oop vir God se progressiewe openbaring, put Neels inspirasie uit sy lewenservaring in die bediening. Sy diep liefde vir mense, en sy gawe om God se verhaal toeganklik en relevant te maak, het hom die respek en bewondering van almal wat hom ontmoet, besorg.

C . o n n e c t C e n t u r i o n

Mathys Kotzé, charismatiese en passievolle leier van C.onnect Centurion, is bekend vir sy praktiese wysheid en opregte omgee vir mense. Mathys se holistiese lewensbenadering kweek ’n omgewing waar elkeen wat soekend is, hul geestelike reis met God kan verdiep. Met sy profetiese gawe streef hy daarna om mense te inspireer en te help groei deur geestelike rigting, aanwysing en bemoediging.

C . o n n e c t M o n t a n a

Markus Kruger, die “gentle giant” van Pretoria-Noord, is die leier van ons Montana C.onnect. Markus se vermoë om konteks en definisie oor te dra, bring insig en begrip nader aan elkeen wat soekend is na God en Sy seisoene. Markus se hart is dat hierdie evangelie van Christus ’n praktiese werklikheid in elkeen se lewe sal word – tot lof en heerlikheid van ons Vader.

C . o n n e c t O o s r a n d

Christopher Smit, die evangelis wat sy hart op sy mou dra, is Oosrand se C.onnect-leier. Christopher is uitverkoop aan die plan van God, en toegewyd daaraan om hierdie verlossingsboodskap te bring aan elkeen wat klop, soek en vra. Deur sy moue op te rol en saam met sy mense deur die moeilike dinge te stoei, bring hy elkeen nader aan hul Goddelike roeping – deur hul identiteit in Christus te herstel. Christopher leef net vir een doel en een roeping: die boodskap van die Koninkryk wat in elkeen van ons opgesluit is, en om onder die bakwerk van gebroke lewens in te klim en herstel te bring, sodat God elke funksie weer kan aanwend om die hemele op aarde tot stand te bring.

C . o n n e c t R o o d e p o o r t

Antonie Bornman, herder by Roodepoort C.onnect, het ’n sagte en diep toenadering tot die geheimenisse van God. Deur sy mense toe te rus met die openbaringskennis van Christus, ontgin Antonie die diep werk van God vanuit ons tradisionele kerkagtergrond tot ’n nuwe, progressiewe, vrymakende evangelie. Sy ervaring in die Skrif gee hom die vermoë om die ou én die nuwe uit te haal, om die Koninkryk van God op aarde te vestig.

C . o n n e c t K r a n s h o e k

Johan du Plessis, dapper leier van ons C.onnect in Plettenbergbaai, het ’n groot woord en taak vir die mense van Kranshoek. Daar rus ’n groot roeping op die mense van die Oos-Kaap, en Johan is die herder wat die skape van hierdie streek lei. Johan is nie net ’n predikant nie, maar is ook aangestel om die storie van God se progressiewe plan in Suid-Afrika met hierdie mense te deel. Johan breek oop dit wat vir ’n tyd lank verborge was en laat die lig van die tyd skyn op dit wat al vergete is. Maar God roep weer ’n bevolking nader – deur die stem van Johan as herder – om dit wat weggesteek was, tot aanskou te bring.