7 F a s e s n a s e u n s k a p
Seunskap.
Die dag wanneer ons wedergebore word, word ons uit ons sondige natuur uitgehaal en in ons nuwe identiteit, naamlik Christus, geplaas. In ons gees is ons volkome seun van God as gevolg van Jesus Christus se volmaakte werk, maar dit is in ons siel, denke en aksies waar daar nog baie transformasie moet plaasvind na ons nuwe Goddelike identiteit toe. Ons moet deur die ervaring geoefen word om tussen goed en kwaad te kan onderskei. In Galasiërs 4:1-2 skryf Paulus dat die wedergebore Christen, al is hy ‘n heer en erfgenaam van alles, solank hy nog kind in sy denke is, hy niks minder as ‘n slaaf is nie. Daardie nuwe skepsel moet onder die regte inspraak en instruksie sit vir ‘n tyd, soos bepaal deur die Vader, totdat hy in siel en denke volwassenheid bereik. So sluit ons daardie volmaakte werk van die Kruis en Opstanding in ons oop en bring dit na perfektheid.
Nou is ons reg vir aanneming tot Seunskap. ‘n Seun leef nie meer vir homself nie, maar alleenlik vir die wil van sy Vader. Aanneming tot Seunskap, of Uihothesia, beteken ‘the placing of a son’. Daar waar God ‘n seun plaas, herstel heerskappy soos God dit in die begin met Adam bestem het. Sonder seuns wat heers in ‘n grondgebied, heers God nie. Soos God in die hemele heers, so heers seuns op die aarde. Vanuit daardie heerskappy vestig ons die Koninkryk van God in die aarde, en God se beeld en gelykenis word herstel
7 Fases na Seunskap
Wedergeboorte en die openbaring van Jesus Christus.
Ontdek jou identiteit in Christus en ontwikkel jou ware selfbeeld deur akkurate oprigting in Gees en in Waarheid. As gelowiges moet ons kan spesialiseer in Gees en in Waarheid sodat ons God in Sy volheid kan aanbid soos Hy dit graag wil. Christus in jou is die hoop op heerlikheid en die openbaring van Jesus Christus gee ons die voorreg om onsself ook in Christus te ontdek, ontgin en bekragtig. Weer kerk, weer Christen!
Middelweekse gemeente by
CiM Connect.
Middelweekse gemeente is die hart en siel van hierdie visie. Dit is waar ons as gelowiges saam groei van die gemeente in gemeenskap tot gemeenskap. Ons kan ons omgewing en gemeenskap meer effektief bedien waar geroepenes en uitverkiesdes dit saam doen. So ontwikkel ons in die regte mileu waar almal saamleef vir God se visie en plan.
Woordskool as Christus Student.
Ons glo in Seunskap, daarom glo ons in dissipelskap. Ons wil nie die gelowige se lewe net verryk nie, maar verander sodat hulle die ware verandering oral om hulle kan wees. Die transformasie in die aarde gaan die gevolg wees van die transformasie wat vanuit die Kerk kom. Woordskool is waar ons as studente “Christus-wees” aantrek en leer om onsself te beklee met die heerlikheid van God. Hier ontwikkel ons ons burgerskap in ambassadeurskap. Onthou… ‘die seun van die mens het gekom om DIT te red wat verlore was’ (Matt 18:11).
CiM Diakenskap.
Diakenskap is waar elke seun van God die visie van God waarlik begin dien in die geloof en sy/haar rol begin opneem om die kairos plan van God in die kronologiese tyd te begin vestig. Dit gaan nie net meer oor ‘ontvang vir self’ nie, maar ‘gee van self’ om ons rol en funksie op te neem in die liggaam van Christus, sodat God Sy droom en plan kan behartig deur ons. Hy wat nou leef moet nie meer vir self leef nie, sê die Skrif, maar moet in Jesus Christus se voetspore volg. Om onsself akkuraat lief te hê deur God, stel ons in staat om weer ander te gaan lief hê en om weer ‘n naaste te wees vir ‘n gebroke wêreld. Diakenskap vorm in ons die hart van ‘n dienskneg vir God se plan meer as ons eie.
CiM Ouderlingskap.
Ware Ouderlinge word geken aan hulle getuienis van die geloof, gemeet aan God se hemelse plan in die aarde. Ouderlingskap is die begin van geestelike volwassenheid wat bereik word deur ‘n getuie te word van die geloof en nie net ‘n getuienis te hê nie. Dit is om waarlik te getuig! Ouderlinge begin as verteenwoordigers van God se plan optree meer as mens se plan. Geloof word ‘n ouderling se dag tot dag handel en wandel, sodat ons weer gelowiges kan leer waarin hulle waarlik moet leef — die geloof!
CiM Leermeesterskap.
Om ‘n Leermeester te raak beteken jy raak Christus vir die wêreld! Jy kan dit leef en leer! Daar is ‘n realiteit van die verantwoordelikheid wat ons as gelowiges opneem om aanspreeklik te wees vir hierdie Christus lewe in ons en ook om ons. Om jouself akkuraat te lei sodat ons die outoriteit kan wees wat ander ook weer kan akkuraat leer. As mens… oordeel ons so maklik. Maar die oordeel waarmee ons meet word die omgewing wat ons rondom ons kultiveer, wat weer oor ons oordeel. Ons oordeel moet vanuit Gees en Waarheid wees sodat ons n oordeel kan kultiveer in ons en deur ons wat weer God waarlik aanbid. Nie net op Sondae nie, maar elke dag deur ons. ‘n Leermeester is iemand wat al beskik oor ‘n sekere standaard van kennis oor God se Gees en Waarheid.
Soos ons Leermeesterskap bereik in ons Seunskap groei ons na die eenheid van die geloof en kennis van die seun van God in ons toe, wat ons ware identiteit is!
Aanneming tot Seunskap.
Aanneming tot Seunskap is wanneer die Vader in die hemele verklaar “Dit is my geliefde SEUN in wie ek ‘n welbehae het… hoor hom!” ‘n Seun van God is verantwoordelik vir die Huis van God. Die Huis van God is die uitverkiesde geestelike Israel wat hulle roeping en uitverkiesing in hulle ‘n SEKERKHEID gemaak het. ‘n Seun van God se hart, siel, denke en kragte is uitverkoop vir God en Sy droom om een Huis te bou.
Seuns van God regenereer weer seun van mens in hulle en God kry weer ‘n liggaam om Sy wil te doen in die 7 pilare van die samelewing. Die oordeel van die “wêreld” vanuit Adam word dan vervang met die hemelse oordeel van God om die Koninkryk te vorm. Daar is net een antwoord vir hierdie wêreld en dit is God se heerlikheid geopenbaar vanuit seuns van God.