O n s S t o r i e

Tydslyn - suiD Afrika
cim collective Tydslyn
1 SEPT 2010

TimeOut Ministries word Christ in Me International

en God gee bestaansreg aan hierdie kosbare visie!

14 sept 2013

God kom sonder CiM International af
as Sy visie,

vertrou die Dag van die HERE aan ons toe en sluit Verbond met CiM International! Ons was aangestel om die Verbond van God met Christus te administreer in God se mense!

12 SEPT 2014

Eerste sewe leermeesters word aangestel.

Dit was dieselfde dag toe sneller trek in Nigerië met die ineerstorting van TB Joshua se gastehuis in Lagos. Xandré stop spontaan in Woordskool en sê die hy ervaar die HERE sê die sneller trek in Nigerië, die vuur begin nou vanuit SA! Ons in SA sou eers weet dat die ses verdieping gastehuis in mekaar gestort het 5 dae van daar af!

5 Aug 2015

Aardbewing van Stilfontein tot in Pretoria!

Terwyl Xandré en Neels hande skud. Neels skuif in by CiM International!

8 Mei 2019

CiM International staan vir SA as 'n Koninkryk van God nasie

en nie n demokrasie nasie nie.

5 Aug 2015

Suid-Afrika wen die Wêreldbeker!

Terwyl Xandré en Neels hande skud. Neels skuif in by CiM International!

2020

CiM International
word CiM Collective.

en baie platforms word opgerig waarin ons die Christus Evangelie bedien vir almal op verskeie ouderdomme en Geestelike volwassenheid.

14 Nov 2020

Culture Coffee word bekend gestel.

en gevestig as CiM Collective se middelweekse gemeente visie. Geestelike opvoeding word geprioritiseer in SA deur CiM Collective om weer kerk en weer Christen te wees.

2021

Joshua Veldtog
word gebore.

vir leierskap in CiM Collective. God wil baie seuns van God hê met Sy heerlikheid! Net God se heerlikheid kweek Sy saligheid.

12 junie 2024

Re:Generasie boodskap veldtog word gebore in Pretoria!

Geloof kom deur hoor en die hoor van die boodskap wat gepreek word! Herlewings is verby… Rengenerasie het gekom want die tyd van die Koninkryk van God het gekom!

Die verbond

H o e k o m C i M C o l l e c t i v e ?

Jesus Christus was God se duur betaalprys om die mensdom terug te koop, uit die saad van Adam te neem en ons in Christus te plaas. ‘n Nuwe oorsprong, ‘n nuwe begin. Dit is die volmaakte werk van Jesus Christus. Christus (die nuwe saad) in ons, is die hoop op die heerlikheid van God (Kol 1:27), en die verbond en die openbaring van wie ons nou is, gee vir ons die reg om ook seuns van God genoem te word.

Jesus Christus is die weg, die waarheid en die lewe na die Vader toe sodat Sy skeppingsdoel, Sy intellektuele eiendom, herstel kan word. ‘n Vader en ‘n God van baie seuns wat die heerlikheid van God dra (Heb 2:10). CiM Collective is uitverkoop om Christus in die mens op te wek, oop te sluit en te ontwikkel sodat elke Christen vanuit die “nuwe skepsel” identiteit kan leef en heers.

Hierdie visie is in 2010 deur God uitverkies en aangestel om die dag van die Here te administreer. Die verbond van God wat in 2013 aan ons toevertrou is, is die bewys daarvan.

‘n Verbond is die manier waarop God met Sy mense werk en is die bewys dat Hy in ‘n saak is. Jesus Christus het die ou verbond vervul en die nuwe verbond in plek gestel, maar die begrip van daardie verbond sou eers in die sewende dag van die skepping of die derde dag vanaf die kruis geopenbaar word.

CiM Collective administreer die openbaring van hierdie verbond sodat die belofte van God weer in elke wedergebore Christen kan opstaan. Elke wedergebore kind van God is gebore uit die saad van Christus (Gal 3:16).