W i e i s o n s ?
Ons visie by CiM Collective, is om die Koninkryk van God te vestig in die aarde soos dit is in die hemele. Dit is alleenlik moontlik deur om eienaarskap te vat oor elke wedergebore kind van God, wat Hy aan ons toevertrou het, deur Seunskap in elkeen te ontwikkel. As gevolg van die volmaakte werk van Jesus Christus, kan ons nou strewe na die hoër roeping van God, om die aarde te vul met God se heerlikheid, deur om die mens toe te rus, in Christus, as beeld en gelykenis van God.
wie is ons?
O n s V i s i e
"but truly, as I live, all the earth shall be filled with the glory of the Lord— "
– NUM 14:21
Wie is ons?
O n s M i s s i e
Ons missie is om die kerk as die liggaam van Christus te vestig, om elke individu op te lei in saligheid en te ontwikkel tot ‘n volmaakte mens in sy/haar funksie. Asook om ‘n God-aangestelde Vyfvoud bediening te ontwikkel deur individuele funksies tot seunskap te ontwikkel.
Ons missie is om die kerk as die liggaam van Christus te vestig, om elke individu op te lei in saligheid en te ontwikkel tot ‘n volmaakte mens in sy/haar funksie, asook om ‘n God-aangestelde Vyfvoud bediening te ontwikkel deur individuele funksies tot seunskap te ontwikkel.
Ons missie is om ‘n platform te bou waar ons saam werk om Christus as ‘n spesie te bewaar en te beskerm totdat almal tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God kom, tot die mate van die volle gestalte van Christus!
Ons missie is om ‘n huishouding van geloof te vestig wat ambassadeurs van Christus voortbring, ‘n leierskap wat die geheimenis kan onthul wat vir eeue en geslagte verborge was, maar nou geopenbaar is deur die openbaring van Jesus Christus, om bekend te maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid is – Christus in julle, die hoop van God se heerlikheid.
Wie is ons?
W a t g l o o n s ?
God is ‘n God van hoop, verlossing en redding vir alle mense. Hy skryf ‘n verhaal om die aarde te beweeg van ‘n ou skepping na ‘n nuwe skepping, en God het ons ‘n rol gegee om te vertolk in Sy storie. Ons is toegewyd tot die restourasie van ons verhouding met God, mekaar, en die skepping! God het ‘n belofte gemaak om die hele aarde met Sy heerlikheid te vul (Num 14:21), en ons is geroep om saam met God te werk om hierdie doel te bereik deur die verbond wat God met Abraham gemaak het. Aan Abraham en sy Saad is die beloftes gemaak en daardie Saad is Christus (Gal 3:16). God het hierdie verbond bevestig deur ‘n nuwe en lewende weg wat op beter beloftes gevestig is deur Jesus Christus, die eersgeborene van ‘n nuwe skepping en die laaste van ‘n ou bedeling.
Die mens, Christus Jesus, staan as middelaar tussen God en die mens, om die wêreld terug te versoen met die Vader (1 Tim 2:5). Ons leer een God, een Gees, een doop, een liggaam van Christus. Ons glo in die God en Vader van die Here Jesus Christus (Ef 4:4-6). God is ‘n lewende God. Hy is progressief en beweeg altyd. Die kruis van Jesus Christus het ons laat oorbeweeg van slawe en sondaars, na kinders van God op ‘n reis na Uihothesia – die plasing van ‘n seun deur die Vader (Rom 8:23, Gal 4:1-2) – verlos van Egipte, op ‘n reis deur die woestyn van verstandvernuwing in ‘n belofte van Seunskap.
As seuns van God maak ons die heerlikheid van God sigbaar en transformeer ons ‘n gebroke wêreld in die Koninkryk van God… ons ware woning as hemelse burgers! Hierdie nuwe skepping beteken ‘n nuwe skepsel wat uit ‘n ander Saad gebore is, daarom glo ons Jesus Christus is die eersgeborene van baie broers (Rom 8:29). God het ons voor die grondlegging van die wêreld uitverkies om in Christus te wees, en mede erfgename van Christus, en ons voorbeskik tot Seunskap (Ef 1:4-5, Rom 8:17). God se strategiese plan om die aarde met Sy heerlikheid te vul, is baie seuns van heerlikheid. Christus in julle – die hoop van heerlikheid (Kol 1:27).
In hierdie progressiewe verhaal van God is daar 3 baie belangrike vrae wat ons onsself moet afvra:
1. Wie is ek? (Die ontwikkeling van ‘n Christus-identiteit.)
2. Waarom is ek? (Identifisering en ontwikkeling van spesifieke vaardighede in ‘n funksie deur die redding van God in hierdie identiteit.)
3. Wanneer is ek? (In watter tyd en seisoen van God se plan bevind ek my vandag?)
Om hierdie 3 vrae korrek te beantwoord is van kardinale belang vir ons reis met God en Sy verhaal